1 Tegnies sal die bewoording van die betwisting neerkom op die verwerping van die Acacia-inskrywing (hieronder) by die volgende Internasionale Botaniese Kongres (IBK) in Melbourne in 2011.
"Acacia Mill., Gard. Dict. Abr. ed. 4: [25]: 28 Jan 1754. [Legum.]. Typus: A. penninervis Sieber ex DC. (typ. cons.)". Internasionale Kode vir Botaniese Nomenklatuur (Wene, 2006).
Deur JA te stem beskou u die insluiting in die Wene-Kode (2006) van hierdie Acacia-inskrywing as teenstrydig met die reëls wat deur die Nomenklatuurseksie in Wene aanvaar is. Dit is teenstrydig omdat die skielike vereiste van ’n 60% meerderheidstem om die hertipifiseringsvoorstel te verwerp nie in ooreenstemming met die gebruiklike stemprosedure was nie (naamlik ’n 60% meerderheid om die Kode te verander en ’n gewone 50% meerderheid vir alle ander sake). Om hierdie rede is die Acacia-inskrywing in die Wene-Kode ongeldig en moet dit uit die kode wat na afloop van die Melbourne IBK gepubliseer gaan word, weggelaat word.